Thursday, October 13, 2011

Wiskunde op 'n Donderdag

Weereens 'n Donderdag oggend na ‘n laat aand van kuier en herontmoetings met mense wat ek in alle eerlikheid kan sê ek nie eers kan, of wil onthou nie. Ek dink terug...  

Ek sit in Wiskunde klas en teken prentjies met die grandpa headache powder wat ek op my boek uitgestrooi het,  eers sny ek lyne met dit soos coke, dan prober ek dit  snuif soos ‘n rockstar. Die kopseer is nie as gevolg van die poeier in my neus nie dis die blerrie wiskunde wat in rooi, blou en swart op die witbord in krom syfers en lyne my dryf tot waansinnige gesprekke oor wat ek Vrydagaand gaan doen. Ek kan nie, ek wil nie, maar ek moet! Wat is hierdie “moet” wat almal so op hammer?  Hoekom moet ek dinge doen en goeters leer wat my net moeg tot in my siel maak en gedeeltelik die oorsaak is van my verwronge aktiwiteite laat aande en vroeë oggende in leë huise as ouers op vakansie is? Die gevaar van té lekker huispartytjies, die veiligheid van ‘n 24 hour Mc Donalds en die wete dat alles more okay gaan wees, want ek het nog my kinderbybel  langs my bed en oor drie dae kry ek my sakgeld.

No comments:

Post a Comment