Monday, October 24, 2011

Die visdam gesprek



"Geodkoop kitssatisfaksie..." FPK

Troebel is die water in die visdam, stowwerig die wind wat ligvoets oor die klippe, deur die bome speel.  Onstabiel die tafeltjie in die tuin, songebleik hang die tafeldoek met ‘n koppie wat staan, sonder struktuur omring deur krummels wat die miere en vliee onderhou. Die gras is lank en die blommetuin yl. Onkruid kruip teen die muur op, trek die vergeelde verf af. Soos ek, desperaat vir hulp. Ek sit, geboee skouers en staar na die son, my oë traan, maar ek hou aan kyk want ek wil sien. Skielik kyk ek weg en knyp my oë styf toe, die hitte is oorweldigend en vorms dans in my kop, rond en bont al hoe vinniger. Rooi en oranje  met pers wat wankel om die rante, die trane loop.

Ek het agtergebly soos die beskuitkrummels onder in my beker, opgeswel en sag soos my oë, seer na gisteraand. Ek het weereens ingegee tot die duiwel van vriende en die moontlikheid van ‘n goeie aand, ek was gekul want dit was weereens net ‘n cheap thrill gevul met die breinlose skaterlag van my keel en die rou geroggel van ‘n toilet wat erens spoel. Nog ‘n uur wat die verlede in warrel.

So dra ek my boodskap oor. In ‘n sterwende taal deur ‘n jeugdige mond, want ek weet ervaring  is te min en kennis is tekort, maar ek verwoord.

Want ek kan.

         
Daar is ‘n vraag wat skuil
‘n belangstelling wat skuifel
‘n oumens oor die teels.
Die onsekerheid, broosheid van my lus om te ervaar.
maar ek is,
Onwillig...

No comments:

Post a Comment