Afrikanerdom...
Afrikaner Dom
So
sit jy in die hoekie van die klas, penorent rug teen die muur. Aan jou
bruingebrande bene is die khaki wat jy so hard teen geveg het. Om ‘n identiteit
te skep. Kyk hoe sit jy daar, “branded” in jou T-shirt, selfoon in jou hand,
jou hedendaagse Trompie.
Jy
sit daar in jou hoekie vasgevang tussen die muur en die klas. Die onderwyser,
Bybel in die hand met gebalde vuis kyk stip na jou elke beweging, daardie
onwrikbare Calvinistiese gewete, sy hand warm om jou keel. Jy maak jou oë toe
en dink terug na Vrydagaand.
Op
die ritme van watookal deur jou are gepomp het, het jy dit afgeskud. Daardie
neerdrukkende juk, die naarhied in jou keel as jy nog ‘n straatkind met ‘n
geoefende rympie van die hand wys. Jy weet wie jy is... Klippies en Coke, die
reuk van nog ‘n warm oggend in die Kerk, tussen Ouma en jou sussie – “sy’s nou
‘n Model hoor!”
Ongemaklik
sit jy daar tussen Hemel en Hel ou mannetjie, jy wat jou jeug in die veld gelos
het en redding kom vind het in die hande van jou vyand. Die stoel’tjie is
klein, maar gelukking vermom jy jouself soms in die strate van Sandton as ‘n
“nuwe Suid-Afrikaner” deel van die rainbow nation.
Jy bly sit. Of so kom dit voor, maar erens diep binne, onder al die jare van trek, veg en verloor. Onderdruk, verdruk, klop daar ‘n iemand aan die deur...