Tuesday, January 24, 2012

26 restrictions


Rhythmic clattering on black keys as the symbols appear and make meaning. Slowly at first as the idea is born, slowly gathering speed, becoming more urgent as the flow of thought starts to take shape and become one coherent whole. Brief pauses between structured lines of black on white.

Symbols arranged in seemingly random order, relevant only to those that have been taught to decipher the meaning of each individual letter, and the combined meaning of endless possibilities, well approximately: 403291461126605635584000000 combinations.

The author makes his way through the endless combinations, dictated to him by the great authorities of his time. Oh, Oxford you wondrous bastard you! 1,010, 469.7 words to choose from and still sometimes his is unsure of what to type next, unsure of the way the words must appear on the stark whiteness in front of him. Because somewhere out there in the swirling mass of information, someone might just happen to glance at this attempt at creation. A feeble attempt at creating, making something out of nothing more than a structured flow of consciousness ad 26 symbols. 

Clattering away the symbols become words and as the flow increases in pace sentences are formed, each different to the previous but somehow connected. Connected by an invisible stream of understanding, shared by all who are able to decipher the message. Not understood the same way, but understood none the less. Or so he hopes as he punches the keys and ends off another sentence with a period, or punctuation. Depending on where you are from... 

Saturday, January 21, 2012

My Muse


Rusteloos sit ek en staar na nog ‘n produk van die kits-satisfaksie nasie...

Buite is dit nat en bedompig soos my handoek wat vuil or my stoel hang, seesand orals. My bruigebrande hande bewe na gisteraand se uitgelate gekarjakker saam met die wat ek nog kan verda. Slukkies swart koffie en ‘n beskuit wat al begin sag word pamperlang my deur hierdie oggend wat ruik soos gister se sonroom-sweet.

Ek maak my oë toe en prober die naarheid terug hou: ons was saam op ‘n uitkyk punt, ek het jou laat skrik. ‘N frons wat vir my waarsku en ek wat speels, nog ‘n keer oor die reling hang. Ek terg jou want jy is deel van wie ek is, jy is die deel wat ek soms wegsteek vir die afskuwelike hordes. Mense orals, ‘n mengelmoes van klanke, reuke, kleure wat my bombardeer. Tog voel ek veilig as ek saam met jou is. My ander ek.

Ons het langs ‘n rivier gesit en ek het vir jou skaduwee gemaak. Elke nou en dan is ek jou skaduwee as jy bedrywig raak en ek half nutteloos om jou woel, jou aandag soek. As ek moeg is deel ek my stilte met jou. Ek vat jou op uitstappies, neem jou saam orals waar ek kan, maar soms moet ek jou agter laat, soms moet ek afskeid neem.

Tog bly jy by my, jou klein skelm, jy!

Ek soek jou erkenning, en deel jou geluk. ‘N spannetjie ons, ek en jy. Jy gee my die dryfkrag om my oë oop te hou as die middag lank word, of die mense my irreteer. Laatnag of vroegoggend, jy maak altyd jou deur oop as ek bedremmeld kom klop en vir water vra, lafenis vir ‘n jeugdige siel wat in sy domheid nie brieke kon aandraai nie.

Daars ‘n holte in my bors waar jy soms kom skuil, jy wegkruip as die wêreld jou elke tree teister. Saam sit ons twee en deel ‘n koppie tee, ek met my sigaret. Die vuil lug hang om ons in die laatmiddag terwyl voëls en karre saam sing en ek nog ‘n waansinnige droom aan jou verkoop en jy dit sonder betaling by my vat en koester soos ‘n kosbare besitting...

Ek betrap jou soms erens in ‘n hoekie deur die dag, onverwags maak jy jou tevoorskyning. ‘N glimlag tref my tussen my ore en ek giggel sommer van opgewondenheid. Jy sluip aan die buitewyke van my drome rond en stel my gerus as ek in ‘n koue sweet uistlaan en na asem snak, beddegoed op die vloer.

Met moeite staan ek op, die skerm blêr nogsteeds sy propaganda. My koffie is koud en die beskuit is op die vloer. Ek kyk om my rond en besef jy is weg, soos ‘n hammerslag tref dit my: ek dra jou waarokal ek gaan, want jy is my muse...